Maandag, September 26, 2016

As ons twee eers getroud is

Ek het As ons twee eers getroud is hierdie jaar op Radioteater geluister en dit bly myns-insiens - meer as 60 jaar later - een van die beste komedies in Afrikaans. Dit was 'n stapel van ons vroeë teater en verfilm met Frederik Burgers in die 1960s.

Die storie gaan oor die prim-en-proper van der Merwe gesin - ma, pa, Oupa en twee kinders - Afrikaanse stadsjapies van die 1950s. Magriet en Karel - pa en ma - is 25 jaar tevore in 'n oomblik van passie in 'n Las Vegas-erige seremonie getrou is deur 'n "predikant" wat moontlik nie so heeltemal 100% was nie.

Dit was jare terug, maar die hele herinnering knaag aan Magriet. Vir hul 25ste huweliksherdenking vra sy net een geskenk van haar man: sy wil uiteindelik haar huwelikssertifikaat in haar hande vashou, die sertifikaat wat sy nog nooit gesien het nie.

Karel is seker hulle het een "iewers in die huis", maar stem uiteindelik in om 'n nuwe kopie van die Departement van Binnelandse Sake te bestel vir haar gemoedsrus.

Maar dan, op die dag van die groot herdenking, kry hulle 'n brief van die Departement dat daar geen rekord van hul troue is nie...

Die skok van hierdie nuus is die tsunami wat al die komedie maak.

Die vrees dat haar gaste gaan uitvind hulle lewe in sonde. Magriet dwing Karel om 'n tweede keer te trou voordat die gaste opdaag. Wanneer Karel dink sy is absurd dreig sy om van hom te "skei" - iets nog moeiliker om te verduidelik. Dan is daar Oupa en die kinders, almal met hul kinkels. Hoe gered voor die mense kom?

Die titel verwys na 'n pak liefdesbriewe van Karel aan sy vrou, wat hy as 'n jong kêrel vir haar geskryf en sy bewaar het. Elke brief begin met: As ons twee eers getroud is...

1 opmerking :

  1. Dankie vir die herinnering aan hierdie heerlike juweel van 'n ou romantiese Afrikaanse drama/komedie, Mnr Rautenbach. Want oe, die idee van 'n pak liefdesbriewe wat elk begin met: "As ons twee eers getroud is..." is 'n heerlike voorbeeld van Derrideaanse differance volgens my ... iets wat altyd nog moet kom?! Wie kan daarmee huishou?! "Wanneer Karel dink sy is absurd dreig sy om van hom te "skei" - iets nog moeiliker om te verduidelik" laat my veral ook glimlag!

    AntwoordVee uit