Dinsdag, April 12, 2016

Die Konformis

Stefania Sandrelli in Die Konformis
Ek het onlangs 'n onderhoud met Bernardo Bertolucci gesien - nou 'n ou man en rolstoelgebonde.

Dit is dieselfde man, het ek gedink, wie Maria Schneider en Marlon Brando (elkeen in verskillende woorde) 'n pimp en 'n gangster genoem het. Hulle was die twee sterre van 1972 se Last Tango in Paris.

Niemand het Maria Schneider ernstig opgeneem nie. Sy was 19 jaar oud en onbekend toe die fliek uitgekom het en het hippy-dippy gespog dat niks haar skok nie; sy het reeds 100 lovers gehad, 50 mans en 50 vrouens. In later jare het sy hierdie onderhoude berou en gesê dat die fliek haar lewe ruineer het.

Maar hoe verklaar mens Brando, wat op die kruin van sy roem was, en, anders as Schneider, nooit kaal verskyn nie? Brando het geweier om na die fliek weer met Bertolucci te praat.

Vir die wat dit nooit gesien het nie, dit gaan oor 'n affair tussen twee vreemdelinge in 'n leë woonstel. Daar is 'n oomblik wanneer die frustreerde Schneider vir Brando vra

Schneider: What am I doing in this apartment with you?

Brando: Let's say we're just taking a flying fuck at a rolling doughnut.

Schneider: So you think I'm a whore.

Brando: No, you're just a good old-fashioned girl... trying to get along.

Last Tango 'n lammetjie teen die flieks vandag; die bohaai van sy sterre soos 'n ertjie onder die matras. Maar dat hulle seergekry het was nie altemit nie, en dat die verskil in geslag, ouderdom, roem en mag min verskil gemaak het.

Die ou Bertolucci het altwee sy sterre oorleef. Brando is in 2004 oorlede en Schneider in 2011. In sy rolstoel dink hy oor Brando se verwerping:

Hy was woedend oor al die waarheid wat ek uit hom gesteel het.

Bertolucci was een van baie Italiaanse kommunistiese filmmakers - maar nooit 'n ektremis nie. Hy het nie, soos sy mentor Pasolini, 'n fliek gemaak oor die doodmarteling van 20 tieners nie.

Hy was 'n konformeerder. En nie net 'n konformeerder nie, maar 'n student daarvan: dit het hom geprikkel hoedat buitestaanders na binne beweeg, wat hulle daaruit kry en die skuld wat daarmee saamgaan. The discreet charm of the bourgeoisie.

In sy jong dae het Bertolucci geglo dat alle drama seks en politiek was. Na die val van die Sowjet Unie het hy bitter verklaar "dat politiek nie meer bestaan nie, net seks". Maar soos vinkel en koljandel het al die energie het uit sy films verdwyn.

'n Paar jaar voor Last Tango het hy die fliek The Conformist gemaak.

Dit gaan oor 'n jong linkse student wat die kans kry vir sosiale opgang in Mussolini se Italië deur aan te bied om sy voormalige professor te vermoor. Na die einde van Mussolini se bewind swaai hy vinnig weer gat om terug na kommunisme. Stefania Sandrelli, sy vrou, is sy stille ondersteuner deur alles - sy oordeel nie, sy ondersteun die mens, nie idees nie.

Dis 'n fliek wat smeek om gemaak te word in 2016 Afrikaans :)

Nog 'n paar jaar voor The Conformist het Bertolucci Before the Revolution gemaak.

Dit het 'n wonderlike toneel waarin die meisies van die Kommunistiese Party voorberei vir die groot vergadering terwyl hulle skinder oor die omstandighede van Marilyn Monroe se dood ... just a good old-fashioned girl... trying to get along

In sy hart dink die hoofkarakter...

For me ideology has been a holiday. A vacation. I thought I was living the years of the revolution and instead I was living the years before the revolution. Because it is always before the revolution when you’re like me.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking