Donderdag, Desember 27, 2012

Christopher Marlowe


Christopher Marlowe was William Shakespeare se tydgenoot, landgenoot, mede-skrywer, akteur en held. Gebore in dieselfde jaar as Shakespeare (1564), op ouderdom 29 - en reeds baie suksesvol - is 'n bevel vir sy arrestasie uitgereik en 'n paar dae later is hy vermoor in 'n kroeg onder misterieuse omstandighede.

Of is hy?

Daar bestaan 'n horde conspiracy-teoriee oor Marlowe, een waarvan is dat hy en Shakespeare een en dieselfde mens was. Marlowe het sy dood ge-fake en 'n nuwe identiteit geskep: Shakespeare.

Hoe dit ook al sy, as dit Shakespeare was wat daardie dag gesterf het op 29 sou hy vandag onthou word as die skrywer van net Henry VI, Deel I, II en III. Dis al. En vir baie jare is hierdie drie dramas aan Marlowe, nie Shakespeare, toegeskryf.

Wie weet wat sou geword het van Marlowe, wat in dieselfde tyd 7 dramas geskryf het wat 'n sterk invloed op al sy tydgenote, insluitende Shakespeare, gehad het? [Shakespeare haal Marlowe verskeie kere direk aan].

Ek dreig al jare om Marlowe se dramas te lees, en het uiteindelik daarby uitgekom.

Tamburlaine

Marlowe se eerste drama is net een lang horror-fest. 

Ek moet erken dat, voor ek hierdie gelees het, ek geen idee gehad het van die bestaan van Timur "the lame" nie (die regte Timur was mank en het twee vingers verloor in 'n bakleiery uit sy kinderdae).

Timur maak vinnige opgang van dief en skaapwagter na generaal na koning en dan 'n volskaalse plundering van die aardbol. 

Een na die ander stad probeer sy weermag teenstaan, met gruwelike resultate. 

Hy hou die Turkse Sultan in 'n yster-hok as troeteldier en gebruik hom as sy voetstoel. Die konings van Jerusalem en Fez word ge-halter as perde om sy koets te trek.

Die hele bevolking van een stad word in 'n meer verdrink.

Timur vermoor sy een seun wanneer die kind nie die sig van bloed kan hanteer nie  (What think you of a wound, vra Tamburlaine. I know not what I should think of it; methinks it is a pitiful sight, sê die arme kind).

Hy verbrand 'n stapel Korans en daag Mohammed uit om hom te straf.

Daar is min wat ek as kuns kan ag in Tamburlaine - dit is lurid, sensasioneel sonder enige refleksie.

Maar dit was blykbaar 'n groot sukses vir die 21 jarige Marlowe by die London box-office. Soveel so dat hy 'n opvolg geskryf het - Tamburlaine Part 2 (meer van dieselfde).

Daar is een baie slim-geskryfde toneel waar Timur die Koning van Persie op die slagveld betrap. Die koning steek sy kroon vinnig weg, maar Timur sien dit. Hy neem die kroon by hom af maar sit dit dan baie galant weer op die koning se kop - "totdat ek dit later vandag saam met jou kop sal terugneem" - en dan verdwyn hy en los die verdwaasde koning alleen.

Het so 'n man bestaan en was hy regtig so erg?

Volgens Wikipedia hou die wereld heerser Timur (vandag die nasionale held van die staat van Uzbekistan) 'n ongeewenaarde rekord: binne die bestek van sy lewe het hy dit reggekry om 5% van die hele bevolking van die aarde te vermoor - 17 miljoen siele.

Dr Faustus

Ek het jare terug Goethe se Faust gelees en kan absoluut niks daarvan onthou nie. Ek onthou die storie deur Hector Berlioz se superb oratorio La Damnation de Faust.

Elkgeval, honderde jare voor enige van hulle het Marlowe dit eerste gedoen, met sy Dr Faustus.

Dis basies Faust wat die Duiwel oproep en sy pakt maak en daarna 24 jaar van totale mag kry. Hy gebruik hierdie mag om allerande apestreke mee aan te vang - horings in een arme sot se kop, 'n aap-gesig vir 'n ander. Hy loop onsigbaar rond, terroriseer die Pous in die Vatikaan, word vriende met die Duitse Kaiser en oorleef 'n paar aanslae op sy lewe deur vreesbevange courtiers (ek kan hulle skaars kwalik neem).

Daar is meisies, maar geen Margaretha - geen redeemer - in Marlowe se weergawe nie.

Wanneer sy 24 jaar verby is, is dit sulke tyd.

Soos die storie ontvou kon ek nie help om weer te voel (soos met Tamburlaine) dat Marlowe opsoek is na gruweldade om sy gehoor mee te vermaak nie.

Maar Faust is 'n baie sterker drama en bevat 'n paar werlik groot oomblikke wat my hoendervleis gee.
  • Aan die begin, wanneer Faust sy pakt maak - verskyn die woorde Homo, fuge op sy arm (Mens- vlug!). Faust kyk daarna en sê Whither shall I fly? Hierdie woorde word nooit weer herhaal nie, maar dit is die tema van die hele res van Faust - waarheen sal ek vlug? Nou dat ek God verwerp het.
  • Faust het 'n diep drang om die heelal te verstaan en deel van sy pakt is om die geheimenisse van die wereld te leer. In een toneel vra hy vir Mephistopheles 'n klomp vrae oor die sterre en planete. Now tell me, who made the world? Mephistopheles weier om te antwoord, en die woedende Faust voel ge-cheat. Have I not bound the thee to tell me anything? Mephistopheles antwoord - Ay, that is not against our kingdom. Think thou of hell. Op hierdie oomblik besef Faust dat hy nooit die geheime van die heelal gaan ken nie - omdat die Duiwel nie oor God kan praat nie.
  • Aan die einde van sy 24 jaar roep Faust die mooiste meisie van alle tye op (Helena van Troje) en soen haar in 'n desperate poging om sy siel te transfer uit sy liggaam na haar - en so die Duiwel te cheat. Maar helaas.
  • Die hele slot van Faust is skitterend geskryf - beginnend met Mephistopheles wat Faust besoek - his store of pleasure must be sauced with pain. Faust se doodsuur - van 11pm na 12am - Stand Still O ever moving spheres of heavens, that time may cease and heavens never come.

The Jew of Malta

Basies 'n goeie storie. Die Jood ter sprake is Barabas - nog 'n rip-roaring rol vir 'n Elizabetheaanse akteur.

Die Turke daag op op die eiland Malta en eis 10 jaar se onbetaalde tribute aan die Ottoman Empire.

Die goeie ou Christene besluit om al die Jode se eiendom te konfiskeer om die Turke te betaal (helfte van jou eiendom as jy gewillig is - alles as jy astrant is, soos Barabas).

En so, in een dag van bad luck verloor Barabas alles. Sy huis word 'n vroue nonnery vir Christen meisies.

Barabas laat vinnig sy dogter bekeer as Christen en skryf haar in vir die nonnery met die doel om die geheime juwele wat onder sy huis se vloerplanke weggesteek is, te kry - en daarmee sy wraak te finansier.

'n Goeie storie wat kort voor lank weer 'n bloedbad is - al die nonne (insluitende sy dogter) word vergiftig, die friars verwurg, die Christen leiers vermoor mekaar en die dorp word verraai aan die Turke.

Sjoe.

Die dialoog wemel van haat en vooroordeel - die Barabas rol is uit en uit 'n mondstuk om beledigings mee uit te rol.

In een toneel eis Barabas se henchman, Ithamore, 300 krone. Barabas is meer beledig deur die slaaf wat die geld vra as enige iets anders.

He sent a shaggy, tottered, staring slave
That, when he speaks, draws out his grisly beard
And winds it twice or thrice about his ear
Whose face has been a grindstone for men's swords
His hands are hacked, some fingers cut quite off
Who, when he speaks, grunts like a hog and looks
Like one employed in catzerie
And crossbiting - such a rogue 
As is the husband of a hundred whores.
And I by him must send three hundred crowns!

Barabas homself eindig in 'n cauldron kookwater, maar skreeu sy vloeke tot die laaste.

Sy laaste woorde is

Die, life!

['n Paar jaar later sou Shakespeare dieselfde Jew-baiting sukses probeer naboots met sy The Merchant of Venice]


Edward II

In die middel van die 16de eeu het 'n boek verskyn genaamd Holinshed's Chronicles, oor die middeleeuse konings. Dit sou uiteindelik die bron wees vir 13 van Shakespeare se dramas - al die Engelse Konings, Macbeth, King Lear en Cymbeline.

Maar die eerste verwerking uit Chronicles was deur die perverse Christopher Marlowe - wat die storie van Edward II gekies het - die homoseksuele koning wat in 'n bitter stryd met sy vrou - Koningin Isabel - en sy geskokte landgenote betrokke geraak het.

Die jong 24-jaar oue koning was verbete om 'n openlike gay lewensstyl te voer, wat natuurlik tot tragedie moes lei.

Edward II is Marlowe se beste drama, en een van die beste dramas wat bestaan - punt.

Dit is anders as sy vorige werk - hier is geen impuls vir makabere geweld nie, hier is daar karakter, diepte en intimiteit, en skitterende konflik en ontwikkeling - die rolle van Edward II en Isabel is wonderlik geskryf, en hulle seun (die toekomstige Edward III) wat moet kies tussen sy ma en pa, is sekerlik een van die beste kinder-rolle wat bestaan.

Marlowe was nie 'n man vir subtleties nie - die arme Edward II sterf deur 'n gloeiende warm yster wat in sy anus opgedruk word - you live by the sword....

Shakespeare sou later (baie versigter en minder eksplisiet) oor soortgelyke grond dwaal met sy drama Richard II. In retrospek is dit duidelik wat 'n enorme invloed Edward II op Shakespeare was. Die hele toon en struktuur van Richard II kom duidelik van Edward II, maar dit is terselfdertyd die raamwerk vir al die Engelse konings dramas wat sou kom.

Let's talk of graves, of worms, and epitaphs;
Make dust our paper and with rainy eyes
Write sorrow on the bosom of the earth...

1 opmerking :

  1. Ons het onlangs Hamlet gaan kyk in 'n teater in Bautzen. Dit was nie baie goed nie, daar was heel gereeld onnodige sex scenes en geweld ingevoeg. Wat mense vermaak, het nie veel verander sedert Tamburlain nie.
    Die ergste van alles was dat die gees van Hamlet se pa uitgeskryf was! Omdat dit natuurlik absurd is dat iets soos gees bestaan!
    Wat die verwerking nog sleg gemaak het is die konstante breek van die sogenaamde fourth wall.
    Dis asof die ou stukke te groot is vir profesionele teater om te hanteer.

    AntwoordVee uit