Sondag, November 04, 2012

Henry IV

"O Harry, thou hast robbed me of my youth"

Die dood van Hotspur in Orson Welles se weergawe,
Chimes at Midnight.
Gou: wie het die grootste roman van alle tye geskryf? Tolstoy, Dostoyevsky, Balzac, Stendhal of James Joyce?

Nie een nie.

Die grootste roman was reeds geskryf lank voordat enige van hulle gebore was, deur William Shakespeare.

Die play wat vandag Henry IV, Part I genoem word was Shakespeare se grootste box-office sukses in sy eie leeftyd.

Sy sequel: Henry IV, Part II was 'n downer - dit het dieselfde wonderlike, ryk tapyt voortborduur, maar was baie donkerder - nader-aan-die-einde - en met 'n dodelike steek in die angel in die laaste toneel wat gehore spraakeloos gelaat het.

Die sentrale karakter in hierdie dramas is 'n obese, eertydse knight - Sir John Falstaff - wat ingetrek het in 'n hoerhuis genaamd Eastcheap, van waar hy die jong mans-adel van Engeland (insluitende die koning se seun - Prince Hal) die dinge van die wereld leer.

[Die Falstaff karakter was so 'n sukses dat Shakespeare 'n aparte, irrelevante komedie geskryf het om dit verder te melk - die skitterende Merry Wives of Windsor.]

Die Henry IV dramas, tesame, is soos om deur 'n rabbit hole te val na 'n verlore wereld met alles

(soos Polonius vir Hamlet belowe)

tragedy, comedy, history, pastoral,
scene individable and poem unlimited

Shakespeare is hier op die absolute apex van sy talent, beide as digter en dramaturg en besluit om iets te skep met ongekende ambisie - enorm in skaal maar ook intiem en detailed. Grootword, ouderdom. vriendskap, mag en illusies. Hy gee net soveer aandag en patos aan die prostitute as aan die sterwende Koning Henry IV, sonder sy seun.

Neem Falstaff se verhouding met Mistress Quickly (die mama van Eastcheap) 'n vrou wat hy abuse, in person and in purse

FALSTAFF

Setting thy womanhood aside, thou art a beast to say otherwise.

Hostess

Say, what beast, thou knave, thou?

FALSTAFF

What beast! why, an otter.

PRINCE HENRY

An otter, Sir John! Why an otter?

FALSTAFF

Why, she's neither fish nor flesh; a man knows not where to have her.

Hostess

Thou art an unjust man in saying so: thou or any man knows where to have me, thou knave, thou!

Die storie ontvou terselfdertyd in drie werelde
  • Die hof van Henry IV - die koning het, soos altyd, baie geraamtes in sy kas, 'n rebellie wat broei en 'n bitter slegte verhouding met sy seun, wat die hof verwerp het en die gemeenskap van diewe en hoere verkies. Dis Henry IV wat sê uncertain rests the head that wears the crown.
  • Die rebellie teen die koning, waaronder die legendariese, dapper figuur van die jong Harry Hotspur. Die verskil in statuur tussen die slapgat Prince Hal en Hotspur is 'n groot bron van spanning tussen die Prins en die Koning. Die Prins spot aan die begin met sy vriende:  I am not yet of Percy’s mind, the Hotspur of the north, he that kills me some six or seven dozen of Scots at breakfast, washes his hands, and says to his wife “Fie upon this quiet life!"
  • Eastcheap - waar Prins Hal en sy vriend Poins hulle amuseer met die over the top Falstaff. Soos wat Falstaff vir Quickly abuse, so word hy op sy beurt deur die Prins abuse op 'n Don Quixote-agtige manier:  hulle maak asof hulle die ou man se stories van dapperheid en wildheid glo en moedig hom in allerande nonsens aan, net om hom te sien vaal. Falstaff is geen poephol nie, hy verstaan alles.

Doll Tearsheet. 

They say Poins has a good wit.

Falstaff. 

He a good wit! hang him, baboon! His wit's as thick as Tewksbury mustard; there's no more conceit in him than is in mallet.

Doll Tearsheet. 

Why does the Prince love him so, then?

Falstaff. 

Because their legs are both of a bigness, 
... and no bate with telling of discreet stories; and such other
faculties 'a has, that show a weak mind and an able body, for
which the Prince admits him. For the Prince himself is such
another; 

Jeremy Irons en Tom Hiddleston as Henry IV en sy seun

Aan die einde van 1 Henry IV kom oorlog; Falstaff lei 'n groep vrywilligers uit Eastcheap na die oorlog met die ontsterflike woorde 

the better part of valor is discretion...

Die Battle of Shrewsbury - waar die twee Prinse (Hal en Hotspur) mekaar uiteindelik moet face. En soos dit die bitter lot bepaal, is dit die dapper Hotspur, nie die hoererende Prins, wat sterf - met die laaste woorde

O Harry, thou hast robbed me of my youth

Of het dit andersom gebeur?

2 Henry IV begin met die figuur van RUMOUR - 'n monster geverf in tonge, wat praat met die gehoor

Open your ears, for which of you will stop
The vent of hearing when loud Rumor speaks?
I, from the orient to the drooping west,
Making the wind my post-horse, still unfold
The acts commenced on this ball of earth.

Die twee ouer pare leef vir 'n ruk met die valse gerug dat die lot van hulle kinders andersom was - Hotspur leef en Harry is dood - gewone mense vind dit onmoontlik om die teenoorgeselde te glo.

Maar die dood van Hotspur bring 'n fundamentele groei in Hal, hy verander van binne, terwyl jolly ou Falstaff skielik oud word.

In een wonderlike toneel verjaag Falstaff 'n dronk soldaat uit die hoerhuis en word deur die hoere bedank.

Falstaff. 

Sit on my knee. A bragging slave! The rogue fled from me like quick-silver.

Doll Tearsheet. 

I' faith, and thou follow'dst him like a church. Thou 
whoreson little tidy Bartholomew boar-pig, when wilt thou stop
fighting a days and foining a nights, and begin to patch up thine
old body for heaven? 

and begin to patch up thine old body for heaven - ek het hoendervleis gekry toe ek dit die eerste keer hoor.

Falstaff weet: for thee the grave doth gape thrice wide.

Twee ou manne om die vuur
The things we have seen, Sir John
We have heard chimes at midnight, Master Shallow...
Maar een laaste, wonderlike ding gebeur met hom in sy oudag: Koning Henry IV sterf.

En hiermee word sy vriend, Prins Hal, die nuwe koning - Henry V.

The laws of England are at my command, sê Falstaff, en verkoop reeds poste in die nuwe regering aan sy vriende by Eastcheap.

Die laaste toneel is die kroning van Henry V. Falstaff kry dit reg om 'n pad tussen die skare te maak tot by die nuwe koning, sy ou vriend Prins Hal - en skreeu

Falstaff

God save thy Grace, King Hal; my royal Hal!
God save thee, my sweet boy!
My king! my Jove! I speak to thee, my heart!

Henry V. 

I know thee not, old man. 
...
Reply not to me with a fool-born jest; 
Presume not that I am the thing I was, 
For God doth know, so shall the world perceive,
That I have turn'd away my former self; 
So will I those that kept me company.

Prins Hal word die grootste van al Engeland se konings: Henry V - die man wat Frankryk verower.

En Falstaff - een week later - is dood.

Geen opmerkings nie :

Plaas 'n opmerking