Woensdag, Maart 09, 2005

The Turn of the Screw


Terwyl sy in die sonkamer sit en teedrink sien die huishoudster skielik hoe die dogtertjie wat sy oppas vries en na die hoek van die kamer staar. Daar staan 'n onbekende vrou wat die huishoudster nog nooit tevore gesien het nie. Wanneer die twee grootmense mekaar se oë vang verdwyn die vreemdeling vinnig by die deur uit. Later, wanneer sy die kind uitvra ontken die dogtertjie dat sy enige iets gesien het.

Henry James se boek "The Turn of the Screw" is DIE perfekte spookstorie.

Dit vertel van 'n ryk man wat 'n huishoudster aanstel om twee kinders op te pas wat na 'n motorongeluk deur die hof aan hom toegestaan is. Sy vertrek alleen na sy "country estate" - met die voorwaarde dat sy alles daar self sal hanteer en hom nooit sal lastig val nie.

Wanneer sy die seuntjie die eerste keer sien - die dag wat sy skool sluit - gee hy vir haar 'n brief. Later, wanneer sy dit oopmaak sien sy dat dit van sy skool is: om haar in kennis te stel dat hy geskors is, sonder enige verduideliking.

Hierdie raaisel sit haar aan die dink. Kort voor lank word sy oortuig daarvan dat - ten spyte van hul idilliese lewe - die twee kinders deur twee spoke getraumatiseer word ('n ou man en vrou - die vorige butler en huishoudster) en dat hulle hulp soek maar te bang is om iets te sê.

Sy maak dit haar roeping om "tot hulle deur te dring" en "hulle te red", sonder enige sukses - maar die effek is net om haar meer verbete te maak.

Van buite af lyk dit asof dit SY is wat besig is om die kinders te traumatiseer met iets wat net in HAAR kop is.

Henry James werk hierdie twee perspektiewe teen mekaar in 'n storie wat spannender en benouder word en eindig in 'n horribale, wrede klimaks.

"The Turn of the Screw" is great omdat dit gaan oor dit-wat-nie-gesê-mag-word-nie, en dan regkry om dit te wys sonder om dit te sê.

1 opmerking :

  1. Goeie genutig! Die slot is baie RAAK gesê: ""The Turn of the Screw" is great omdat dit gaan oor dit-wat-nie-gesê-mag-word-nie, en dan regkry om dit te wys sonder om dit te sê."

    AntwoordVee uit